Mani pulite

Mani pulite
Die voormalige Eerste minister Bettino Craxi word begroet met 'n salvo muntstukke as teken van protesteerders se walging.
Land: Italië
Sedert: 17 Februarie 1992
Regters: Antonio Di Pietro
Gherardo Colombo
Piercamillo Davigo

Mani pulite (Italiaanse fonetiese uitspraak: ˈmaːni puˈliːte, Italiaans vir "skoon hande") was 'n landswye regterlike ondersoek na politiese korrupsie in Italië wat in die 1990's gehou is. Dit het tot die ondergang van die sogenaamde "Eerste Republiek" en die verdwyning van verskeie politieke partye gelei. Sommige politici en industriële leiers het selfmoord gepleeg nadat hul misdrywe blootgestel is. Antonio Di Pietro was die belangrikste regterlike figuur in die ondersoek.

Ingevolge sommige verslae was soveel as 5 000 openbare figure onder verdenking. Op een stadium was meer as die helfte van die lede van die Italiaanse parlement onder beskuldiging, terwyl meer as 400 stads- en dorpsrade ontbind is as gevolg van korrupsieklagtes. Die geskatte waarde van die omkoopgeld wat in die 1980's betaal is deur Italiaanse en buitelandse maatskappye wat vir groot regeringskontrakte gebie het, het soveel as 4 miljard Amerikaanse dollar (6.5 miljard lira) beloop.[1]

Die korrupte stelsel wat deur die ondersoek blootgelê is, is verwys na as Tangentopoli (Italiaanse uitspraak: tandʒenˈtɔːpoli).[2] The begrip het sy oorsprong in die Italiaanse woord tangente, wat 'omkoop' beteken, en in die konteks verwys dit na omkope (in diè konteks in Engels bekend as 'kickbacks') wat gegee is vir openbare werke kontrakte,[1] en die Griekse woord polis bedoelende 'stad';[3] dit word dus soms vertaal in Engels as "Bribesville" of "Kickback City".

  1. 1,0 1,1 Stephen P. Koff (2002). Italy: From the 1st to the 2nd Republic. Routledge. p. 2. ISBN 978-0-203-00536-1.
  2. Moliterno, Gino (2000). Encyclopedia of contemporary Italian culture. Routledge. ISBN 0-415-14584-8.
  3. -(o)poli word ook nou gebruik as 'n agtervoegsel wanneer na 'n skandaal verwys word (e.g. die 2006 Italiaanse voetbal of sokker skandaal, bekend as die "Calciopoli", die 2011–12 Italiaanse voetbalskandaal bekend as die "Scommessopoli"). Dit is soortgelyk aan die gebruik van die "-gate" agtervoegsel in die Engelse taal (sien bv. die Lewinsky skandaal bekend as "Zippergate" en die spioenasie op die 2016 presidensiële veldtog van die kandidaat vir die VSA presidentskap, Donald Trump deur die FBI, bekend as "Spygate").

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search